listenlive2

header-afr

Gebedskalender Mei

Datum Dag Gebed
1 Donderdag Vandag is Werkersdag. Bid vir die hoë werkloosheidsyfer in ons land (ongeveer 26%). Bid vir diegene wat swaarkry en vir die skepping van nuwe werksgeleenthede.
2 Vrydag Kom ons bid vir die jeug in ons land, dat die Here hulle sal help om werk te vind sodat hulle betekenisvol kan bydrae tot die werksmag en ekonomie.
3  Saterday  Vandag is Petros Gwala se verjaardag. Vra dat die Here hom sal bemoedig terwyl hy die Here op verskeie maniere by TWR dien. Bid dat die Here sy pragtige gesin sal seën.
4  Sondag Dank die Here vir TWR-Radio155 se uitsendings oor DStv radio kanaal 855. Vra dat die luisteraars in hul geloof sal groei en ook uitreik na ander in nood.
Hierdie week bid ons vir die Artikel oor Afrika wat handel oor die Neno program van TWR-Kenia.
5  Maandag Vandag is Lorraine Stavropoulos se verjaardag. Vra dat die Here haar sal lei en vir volgehoue goeie gesondheid, ’n verhouding steeds nader aan die Here en vreugde in haar diens.
6  Dinsdag Kom ons bring TWR-Kenia na die Here vandag. Vra dat Hy met Bernice Gatere en haar span sal wees terwyl hulle mense in 15 tale bereik.
7  Woensdag Christo van Eeden verjaar vandag. Bid dat die Here hom kragtig sal gebruik hierdie jaar in sy bediening aan gemeentes, ook waar hy die Evangelie deel en vir sy gesin sorg.
8  Donderdag Vandag bid ons vir die sewe FM stasies wat TWR in Kenia bestuur. Bid dat mense in hart en gedagtes verander sal word terwyl hulle na die Evangeliese programme luister.
9  Vrydag Om sewe FM stasies in Kenia te bestuur is baie duur en vereis baie harde werk en volharding. Vra dat die Here die bronne sal voorsien en TWR se span sal bemoedig.
10 Saterdag Kom ons bid vir die dorpe Voi, Lamu en Marsabit in Kenia waar TWR FM stasies het. Vra dat hierdie dorpe verandering sal beleef soos die Here se Woord na hulle uitgaan.
11  Sondag Bid vir TWR-Kenia se Thru the Bible program Neno wat oor die nationale radiostasie uitgesaai word. Dank die Here vir baie mense wat Hom deur hierdie program leer ken het.
12  Maandag Vandag bid ons vir die dorpe Mandera, Wajir en Lodwar in Kenia wat deur TWR se SIFA FM netwerk bereik word. Bid vir oop ore en harte om op God se Woord te reageer.
13  Dinsdag Angi Ottermann verjaar vandag. Vra dat die Here aan haar sal gee die begeertes van haar hart en haar sal versterk in alles wat sy tot Sy eer doen.
14  Woensdag Vandag is Evart Magwaza se verjaardag. Bid dat die Here sal voortgaan om vir hom en sy familie te voorsien en hom tot Sy eer sal gebruik.
15  Donderdag Vandag reis TWR-SA se raadslede na ons kantore in KwaZulu-Natal vir die Raadsvergadering waarna hulle ook blootgestel sal word aan die bediening op grondvlak. Bid vir ’n besondere tyd
16  Vrydag TWR-SA se Raad vergader vandag. Vra asseblief vir die Here se wysheid in alle sake en eenheid in gedagte en besluite.
17  Saterdag Lyn Burnett verjaar vandag. Vra dat die Here haar ’n spesiale dag saam met familie en vriende sal gee en haar lewe sal vul met vreugde, krag en moed vir die nuwe lewensjaar.
18  Sondag Ben Booyens en Karin Kabutz verjaar vandag. Vra dat die Here Sy hand van guns oor Ben sal hou en Karin sal seën soos sy haar gesin met liefde en passie dien.
Hierdie week bid ons vir TWR se bediening in Suid-Afrika, veral vir ons venote in die bediening. As organisasie wat deur die Here geroep is kan ons die bediening nie op ons eie doen nie. Om hande te vat met die kerk, individue, besighede en ander media-organisasies is kardinaal vir verhoogde kapasiteit en eenheid.
19  Maandag Ons dank die Here vir TWR se verhoudinge met gemeentes in ons land. Bid asseblief vir ons pogings om met die kerk hande te vat om dissipels van alle nasies te maak deur middel van media.
20  Dinsdag Kom ons bid vir TWR se Media Sondag op 7 September. Op hierdie dag beplan TWR om gemeentes te help om media ten volle te benut om hul gemeenskappe te bereik.
21  Woensdag TWR werk saam met FM radiostasies in Suid-Afrika en Namibië. Vra dat elke venootskap ten opsigte van lugtyd effektief sal wees sodat gemeenskappe met die Evangelie bereik kan word.
22  Donderdag TWR werk saam met organisasies soos Family Impact wat help met seminare oor die gesinslewe. Vra dat baie gesinne sal groei in kennis en ’n impak sal maak in hul gemeenskappe.
23  Vrydag TWR is deel van die ACM (The Association of Christian Media in Southern Africa). Bid vir eenheid en sensitiwiteit en TWR se bydrae in die organisasie.
24  Saterdag TWR is een van die stigterslede van die South African Alliance for Learning and Transformation (SALT). Bid dat hierdie Alliansie groot impak in ons land sal maak in die uitreik na behoeftige gemeenskappe.
25  Sondag Kom ons bid vir TWR se programme wat vandag oor verskeie radiostasies in Suid-Afrika uitgesaai word. Vra dat lewens aangeraak en verander sal word!
Ons gaan voort om vir TWR se bediening in Suid-Afrika te bid met die spesifieke fokus op nuwe media, veral sosiale media geleenthede. Dit is belangrik vir TWR-SA om die Evangelie op soveel moontlike media platforms as moontlik beskikbaar te stel om soveel mense moontlik vir Christus te bereik.
26  Maandag Kom ons bid vandag vir baie ouers in ons land wat baie besorgd is oor die gevare van sosiale media vir hul kinders. Vra dat die Here hulle die nodige wysheid en insig sal gee.
27  Dinsdag Bid vir TWR se uitreik oor die toep TuneIn op die Android platform. Vra dat mense TWR-Radio 155 sal vind en hulle lewens aangeraak sal word.
28  Woensdag Loof die Here vir die nuwe Thru the Bible Global toep in vennootskap met TWR Internasionaal. Mense kan nou in hul eie taal na die waarheid van die Evangelie oor hul selfone luister.
29  Donderdag Kom ons bid vir TWR se uitreik oor Facebook in baie lande. Vra dat mense bemoedig, verander en gemobiliseer sal word soos hulle oor TWR en die bediening lees.
30  Vrydag Vra dat die Here TWR se Twitter bediening regoor die wêreld sal seën. Baie mense word aangeraak deur hierdie mikro blog bediening.
31 Saterdag Bid vandag vir TWR se Internetstroming deur TWR-Radio155 (www.twrradio155.org.za). Dank die Here vir diegene wat die Here se Woord hoor.