listenlive2

header-afr

Ethembeni (Hoop)

ethembeniHierdie programreeks reik uit na behoeftige vroue in KZN en is gerig op spesifieke behoeftes van die vrou. Dit spreek ook kwessies aan soos gesondheid, mishandeling, bemagtiging, entrepreneurskap, moederskap, kommunikasie, opvoeding van kinders, gebed, ensomeer.

’n Vrou wat onlangs na ons vroue programme geluister het sê:
"Ek is ’n weduwee en maak my seun se kinders groot. My kleinkinders gee my ’n harde tyd.  Ek is tans in ’n situasie waar ek op hulle moet skree en ek kry ook nie genoeg slaap as gevolg van hulle nie. Die ander dag het ek aandagtig na een van julle programme op die Audibible geluister waar jul gesels het oor hoe om kinders suksesvol groot te maak. Ek skree nou nie meer op hulle nie want ek het geleer dat ek saam met hulle moet gaan sit, hulle leer en verstaan wat die probleem is".

’n Ander vrou vertel van die seminare:
"Ek het jul seminaar oor kankerbewustheid bygewoon. Nadat ek die inligting verwerk het, het ek onmiddelik aan my vriendin gedink wat gedurig maagpyn het. Ek het haar toe aanbeveel om onmiddelik te gaan vir mediese toetse. Hulle het gevind dat sy baarmoederkankre onder lede het. Sy het toe ’n  operasie ondergaan en is nou weer gesond. Ons dank die Here vir Sy goedheid".