listenlive2

header-afr

Redaksioneel

danieBeste TWR Vriend

Noudat ons reeds amper aan die einde van 2013 staan en terugkyk oor die jaar kan ons nie anders as om weer Psalm 108: 4 uit te roep nie: “…want U liefde reik tot in die hemel, U trou tot in die wolke.” – dieselfde vers wat ons gebruik het by die inwyding van ons nuwe kantore in Maart. Ons mag nie aan Sy getrouheid en voorsiening twyfel veral wanneer ons fokus op Sy spesifieke roeping vir ons nie! In hierdie uitgawe het ons probeer om aan u ’n breë oorsig te gee oor wat hierdie jaar by TWR gebeur het. Ons het gesien hoe die Here telke male op soveel terreine vooruitgegaan het en die pad vir ons in besonderhede voorberei het!

Radio bly steeds so effektief soos gesien word in TWR se uitreik na desperate mense in Sirië, asook in die bereiking van die Kotokoli mense in Wes-Afrika. Sy standvastige liefde sal die onbereiktes bereik en mense na Homself trek soos ons Sy opdrag uitvoer om dissipels van alle nasies te maak!

Ons wil ook graag van die geleentheid gebruik maak om u as waardeerde vriend van harte te bedank vir u getroue gebede dwarsdeur die jaar en u opofferende bydraes om te help verseker dat ons getrou bly aan die roeping van die Here.
Nogmaals dankie vir u gewaardeerde vennootskap in die Evangelie.

 

 

Vriendelike groete

signature

Danie du Preez
Nasionale Direkteur, TWR-SA