listenlive2

header-afr

'n Brief van vêr bring Hoop

a-letter-from-afar 1

Erens in Addis Ababa lê daar ’n drie en twintig jaar oue briefie op die lessenaar van Wakshuma Terefe wat baie lewens sou verander. Dit is aan hom gerig in 1989 toe hy slegs 20
jaar oud was. Hy het opgegroei in ’n familie wat bose geeste aanbid het terwyl hulle ook heksery en towery beoefen het. Op daardie stadium was Ethiopië onder kommunistiese bewind. Hier is sy storie.

Dit was onwettig om oor God te gesels en om Hom te aanbid. Christene is wreed vervolg en baie gelowiges is gemartel en doodgemaak terwyl ander tronkstraf opgelê is. Wakshuma en ’n klein groepie gelowiges het gereeld in die geheim bymekaar gekom om te bid. Soms is hulle deur die owerheid gevang
en aangerand. Eendag het hy na n ’n radioprogram geluister wat deur TWR vanaf hulle sender op Guam uitgesaai was. Die program was eintlik bedoel vir luisteraars in Indië.

Wakshuma het die wrede vervolging wat hy beleef het in herinnering geroep. Hy onthou hoe hy gedwing was om op sy knieë oor skerp gruisklippe te kruip wat sy knieë gesny het. Die bloed het geloop en hy kon nie sy trane bedwing nie. Die radioprogram waarna hy by sy tuiskoms geluister het, het hom getroos en bemoedig. Hy het ’n groepie gelowiges om raad en bemoediging genader en hulle het hom aangeraai om ’n brief te skryf na ’n adres in Hong Kong so 8000 km van Ethiopië af. Vandaar is die brief 3360 kilometer verder aangestuur waar dit op die tafel van ’n TWR sendeling, Joan Zensen, beland het. Sy het die brief beantwoord en Wakshuma bemoedig om nie moed te verloor nie. Sy het hom aangespoor om getrou op die leiding van die Here te wag en voort te gaan om sy Bybel gereeld te lees. Sy het ook voorgestel dat hy een van TWR se gratis Bybel Korrespondensie Kursusse volg.

“Ek glo van harte deur wat ek in God se Woord gelees het en my eie ervaring, dat God jou ywer vir Hom raaksien”, het Joan geskryf. “Hy sal jou rig en lei totdat jy tot die besef kom dat Hy inderdaad jou hartsbegeerte aan jou gegee het.”

Vir Wakshuma was die brief nie maar net ’n beleefde reaksie op sy skrywe nie. Vir hom was die antwoord deur die Heilige Gees  geinspireerd. Die briefie het hom aangemoedig om aan te hou luister na die program van TWR. Intussen het hy geestelik gegroei. Hy het vir ’n tyd lank met die korrespondensiekurses voortgegaan totdat hy in 1996 voltyds in Christenwerk betrokke geraak het. Vandag is Wakshuma die Hoof, Elektroniese Media van die Ethiopiese Evangeliese Kerk – ’n vennoot van TWR – alles as gevolg van die brief wat hy ontvang het.